Die volgende leerders het deelgeneem aan die EG Jansen redenaarskompetisie en het Hoërskool Ferrum baie trots gemaak:

Chanté Luus (Graad 9), Luke van Niekerk (Graad 9), Christiaan de Jager (Graad 10) en Elizette de Jager (Graad 12).

Die sprekers moes voorbereide toesprake lewer oor temas soos: “Laat jou DINK jou DOEN verander” en “Grondeise en kospryse”.

Elizette en Christiaan de Jager het die eerste plek behaal en Elizette was ook aangewys as die beste senior voorbereide spreker. Baie geluk! Ons is baie trots op julle.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *