Ferrum tree as oorwinnaars uit by die EG Jansen Redenaarskompetisie

Die EG Jansen Redenaarskompetisie het op Donderdag 22 Maart plaasgevind, en Ferrum se spanne moes na Hillcrest High reis vir hierdie geleentheid.

Ferrum se juniorspan was gedugte opponente, en het 3de van 10 skole geëindig. Baie geluk aan:

1. Christiaan de Jager
2. Gerrit Scheepers

Wat die seniorspan betref, behaal hulle die besonderse prestasie om die eerste Ferrumspan te word wat hierdie gesogte trofee wen. Behalwe vir die wisseltrofee, ontvang hulle ook die wennersertifikaat, en elkeen ‘n kontantprys.

Baie geluk aan Elizette de Jager en Dewald van Zyl met hierdie uitsonderlike prestasie.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *